top of page

Podcasts

GROEIPYNE OP RSG 2 JUNIE 2022
Vir baie jare was seks en seksualiteit taboe onderwerpe in vele Suid-Afrikaanse huishoudings.  Dis mos immers iets baie privaat. Ouers blyk steeds sku en ongemaklik om die onderwerp aan te roer. Maar dis tog sekerlik by die huis waar seksopvoeding moet begin? Anthea Fredericks het dr. Elmari Craig, ‘n internasionaal gesertifiseerde seksuoloog en verhoudingsterapeut,  genader om die vrae te beantwoord.
Driesestig op RSG met Martelize Brink 
Deel 1: 5 April 2022

Martelize Brink verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 episodes. In die eerste deel bied internasionaal gesertifiseerde seksuoloog dr. Elmari Mulder-Craig ‘n oorsig en agtergrond van die seksualiteitspektrum.

Deel 2: 12 April 2022
Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die tweede insetsel bespreek die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, gender en seksualiteit.

Deel 3: 19 April 2022
Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die tweede insetsel bespreek die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, gender en seksualiteit.

Deel 4:  26 April 2022
Martelize verken die LGBTQI+ alfabet in ‘n reeks van 4 insetsels. In die tweede insetsel bespreek die internasionaal gesertifiseerde seksuoloog, dr. Elmari Mulder-Craig, gender en seksualiteit.
Driesestig op RSG met Martelize Brink 
27 Januarie 2022

Kliniese hipnoterapeut en psigoterapeut, dr. Elmari Mulder Craig, en neurochirurg dr. Francois Swart vertel van ‘n breinoperasie op ‘n pasiënt wat wakker was tydens die operasie. Dr. Mulder Craig het hom voorberei met hipnose, en het hom tydens die operasie bygestaan.
Geestesgesondheid op RSG met Christelle Webb Joubert 30 Maart 2021
Christelle Webb-Joubert praat met seksuoloog en verhoudingskenner, dr. Elmari Mulder-Craig, oor die landskap van seks.
NUUSPOD:  3 Junie 2020 
NUUSPOD: 7 April 2020
Jacaranda FM/Breakfast with Martin Bester 2019
RSG: 'Seks en Jy' met Martelize Brink en Dr Elmari Mulder Craig en gaste. 14 Episodes 2016. Bekroon met 'n Media Veertjie!
Episode 1: Hoekom het mense seks? Watter hormone in die liggaam werk op 'n seksuele vlak? Hoekom voel 'n mens aangetrokke tot sekere persone en nie ander nie?
Episode 2: Wanneer laas het jy na jou naakte liggaam in die spieël gekyk? Kenners gesels oor die vrou en seksuele selfvertroue. Kwessies soos body shaming en die vrou se objektivisering word bespreek. Daar is ook wenke oor hoe om jou seksuele selfvertroue te verbeter.
Episode 3: Wat wil vroue regtig in die bed hê. Wat is vroue se erogene sones en hoekom sukkel so baie van hulle met orgasmes? Dr. Elmari Mulder Craig en Dr. Leandie Buys het raad.
Episode 4: Wat is die oorsake van lae seksdrang en pynlike seks? Martelize Brink praat met Dr. Elmari Mulder Craig en Dr. Elna Rudolph oor vroulike seksuele disfunksie en hoe dit behandel word.
Episode 5: “My man se ervaring is dat hy 'n vrees het dat enige kontak of voorspel sal lei tot 'n punt waar hy moet oorgaan tot aksie en dat daar dan niks sal gebeur nie. Dit laat 'n gevoel van nutteloosheid en ontoereikendheid by hom. Hy het 'n geweldige lae selfbeeld en sy persoonlikheid het 'n totale ommekeer ondergaan. Is daar enige hoop op 'n oplossing, of moet ons maar net aanvaar dat ons oud geword het en probeer saamleef met die herinneringe van wat ons vir 'n skamele paar jaar ervaar het?” Dr. Elmari Mulder Craig en Dr. Etienne Kok
Episode 6: Dr. Elmari Mulder Craig en Dr. Etienne Kok beantwoord luisteraarsvrae oor seks.
Episode 7: Wat is die impak van siektes op seks en mense se seksuele verhoudings? Dr. Elmari Mulder Craig en Dr Etienne Kok het raad vir mense wat aan siektes soos diabetes en bors- of prostaatkanker ly.
Episode 8: Martelize Brink gesels met Dr. Elmari Mulder Craig en Dr. Etienne Kok oor seksspeelgoed en -hulpmiddels.
Episode 9: In 'n studie van middel- en hoërinkomstegroepe in 'n spogwoonbuurt in Gauteng is daar onlangs bevind dat twee uit elke drie vroue wat aan die studie deelgeneem het, 'n vorm van seksueel oordraagbare infeksies het. 'n Aftree-oord het ook deurgeloop onder die infeksies. Dr. Elna Rudolph en dr. Elmari Mulder-Craig daag die stereotipes van seksueel oordraagbare infeksies uit. Hulle bespreek ook die impak van die infeksies op 'n persoon se lewe en verduidelik hoe dit voorkom en behandel kan word.
Episode 10: “Die jongste pornografie-verslaafde wat ek al gesien het was 7 jaar oud,” aldus verslawingsspesialis Sorika de Swardt. De Swardt en seksuoloog Dr. Elmari Mulder Craig bespreek die impak wat hierdie vernietegende verslawing op mense en hulle verhoudings.
Episode 11: Die labiaplastie-gier word bespreek. Maak “grootte” saak? En hoekom ervaar 'n persoon hoofpyn voor en na seks?
Episode 12: "Ma, pa, ek is nie meer 'n maagd nie... ek is gay... ek is swanger…" Hoe moet jy seks en seksualiteit met jou kind bespreek? Wat is die grootste foute wat ouers maak wanneer hulle met hulle kinders oor seks praat? Watter impak het dit op die kind se volwasse seksuele gesondheid?
Episode 13: Dr. Elmari Mulder Craig en Dr. Etienne Kok bespreek multi-orientasie huwelike, “swinging” en hoekom mense mekaar verneuk.
Episode 14: Dr. Elmari Mulder-Craig en opvoedkundige sielkundige Karin Bronkhorst beantwoord luisteraarsvrae oor onderbedeeldheid, hoe om jou sekslewe opwindend te hou gedurende en na menapouse, hoe gemaak met jou peuter wanneer hy met sy geslagdele speel, en hoe 'n bipolêre persoon hulle tekort aan seksdrang kan bestuur.
In Geestesgesondheid gesels Christelle Webb-Joubert met die seksuoloog Dr. Elmari Mulder Craig oor die impak van seksuele disfunksies op geestesgesondheid en verhoudings. 12 Junie 2018
bottom of page